SHOWING ARTICLE 441 OF 675

Huiseienaar, so moet jy beveilig

Category Property News

Kopers en huurders stel veiligheid eerste. Veiligheid is deesdae boaan huiskopers en huurders se lys van vereistes wanneer hulle na 'n nuwe tuiste soek. 'n Eiendom wat goed beveilig is, is dus gewild. Woongids het by kenners gaan kers opsteek.

Volgens Nina Smith van die agentskap Lew Geffen Sotheby's International Realty doen kopers en huurders veral deesdae oor die volgende sekerheidsmaatreels navraag wanneer hulle 'n eiendom oorweeg: 'n goeie alarmstelsel infrarooi laserstraaltegnologie sekerheidshekke veilige parkering "'n Alarm is veral noodsaaklik as jy jou huis wil verkoop of 'n goeie huurder wil kry. Die beste afskrikmiddel vir misdaad sal van die gesin se leefstyl afhang, maar ek sou se 'n sekerheidstelsel wat uit verskillende vlakke bestaan, sal die doeltreffendste wees om te keer dat misdadigers toegang tot die eiendom verkry," se Smith. Die sekerheidstelsel waarna sy verwys, kan onder meer elektriese heinings, lasers in die tuin, sensors by die deure en vensters, sekerheidshekke by die skuifdeure en diefwering by die vensters insluit. Smith glo egter dat goeie sekerheid in die woonbuurt begin. Dit is belangrik om aandag te gee aan wat rondom jou aangaan en verdagte gebeure en mense aan te meld. "Se vir jou bure indien jy vir 'n tyd lank weggaan sodat hulle 'n oog oor jou huis kan hou." In sekere dele van Nuweland in Kaapstad is sekerheidstelsels wat nommerplate uitken, reeds geinstalleer en dit werk baie goed, se Smith. Die plaaslike gewapendereaksiemaatskappye het ook 'n sterk teenwoordigheid in hierdie gebied. Lew Geffen, voorsitter van Lew Geffen Sotheby's International Realty, raai weer nuwe kopers en huurders aan om by die plaaslike buurtwag aan te sluit wanneer hulle na 'n nuwe woonbuurt trek. "Dit is nie verpligtend nie, maar hoe groter die groepe wat saamwerk, hoe meer word uitgerig. Dit kan 'n nuwe intrekker ook help om deel van die gemeenskap te word." So se sekerheidskenners Jade Hanning, 'n distriksbestuurder vir Fidelity ADT Security in Kaapstad, is dit ook eens dat 'n geintegreerde sekerheidstelsel — wat oor tyd ingefaseer kan word — die beste opsie is. "Daar is al hoe meer mense wat tegnologies gevorderde sekerheidstelsels gebruik soos kringtelevisiekameras, afstandstoesig en ander stelsels soos infrarooi sensors, maar dit beteken nie dat jy agterlosig kan raak en nie die deure hoef te sluit nie." Volgens Hanning is daar ook buurtwagte wat kameranetwerke geinstalleer het wat uiters suksesvol is. Dit maak dit moontlik om toesig oor dele van die buurt te hou waar die buurtwag nie noodwendig kan wees nie. Die beeldmateriaal kan ook as bewyse teen misdadigers gebruik word. "Kringtelevisiestelsels en netwerke maak dit ook moontlik vir sekerheidsdienste en wetstoepassingsbeamptes om vinniger te reageer indien 'n misdaad gepleeg is en om hul beperkte mannekrag en ander fisieke hulpbronne meer doeltreffend te ontplooi." Hoe kies jy die regte sekerheidstelsel? Hanning raai huiseienaars aan om nie haastig te wees wanneer hulle besluite moet neem oor hoe om hul huise te beveilig nie. Dit is belangrik om jou huiswerk deeglik te doen. Stel s6 vas of die stelsel op standaard is: Die stelsel moet by enige opknappings en uitbreidings kan inpas wat jy in die toekoms aan jou huis kan maak. As jy 'n stelsel installeer, moet dit altyd in 'n werkende toestand wees en gereeld gediens word. Toets die stelsel gereeld om seker te maak dat alles werk. Leer al die lede van die gesin hoe dit werk, sodat hulle weet wat om te doen indien daar 'n noodgeval is. Die stelsel moet altyd geaktiveer wees — al is jy tuis. S6 weet jy dat jy altyd beskerm is. Gaan die uitleg van jou eiendom na ten einde enige potensiele gevare en risiko's te identifiseer. Heinings wat toegegroei is, kan byvoorbeeld as 'n wegkruipplek vir 'n misdadiger dien. So baat jy nog Volgens Bertus Visser, uitvoerende hoof van verspreiding by PSG Insure, is sekerheidshekke en diefwering by huise noodsaaklik om kleiner verliese te voorkom of te beperk. "Elektriese heinings is waardevol, maar diefwering en sekerheidshekke word as die belangrikste veiligheidsmaatreel gesien as dit by versekeringsdekking kom. "In die meeste woonbuurte is diefwering op able oop vensters die minimum vereiste, sowel as sekerheidshekke op able deure wat toegang na buite gee. Versekeringsmaatskappy kan ook 'n alarmstelsel in sekere woonbuurte vereis ten einde versekeringsdekking te bied," se Visser. Hy meen dat 'n huis wat minstens basies beveilig is, is 'n vereiste vir die versekeraar om die risiko te aanvaar. Daar is dus geen waarborg dat jy afslag op jou versekeringspremies kan kry nie. In sekere woonbuurte wat veiliger as ander geag word, mag daar dalk 'n klein afslag wees. Volgens Visser kan die volgende dalk help om versekeringspremies te verlaag: Staan jou motor saans agter 'n veiligheidshek of word dit in 'n motorhuis toegesluit? Huise in 'n beveiligde landgoed of in 'n kompleks is altyd voordelig. Hoe mure, heeltydse sekerheidswagte, elektriese heinings en ander veiligheidsmaatreels — soos besoekers wat in en uit moet teken — is aspekte waarvan versekeraars hou. "Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat enige sekerheidsmaatreels wat in jou versekeringspolis aangedui is, te abbe tye geaktiveer en in 'n goeie werkende toestand moet wees om te vermy dat enige eise verwerp word," se Visser.

Author: Lew Geffen Sotheby's International Realty

Submitted 14 Sep 17 / Views 2460