SHOWING ARTICLE 454 OF 678

Die seisoen het bepaalde voordele

Category Property News

As jy ooit gedink het die winter is nie 'n goeie tyd om jou eiendom te probeer verkoop nie, dink weer. Met minder huise in die mark as normaalweg is daar 'n goeie kans dat meer voornemende kopers na jou huis sal kom kyk, meen eiendomskenners. "Verkopers sal waarskynlik verkooppryse nader aan hul oorspronklike vraprys kry, veral vir 'n eiendom wat goed in stand gehou is. Dit is ideaal as die eiendom in 'n goeie toestand en dus dadelik leefbaar is," se Sandy Geffen, uitvoerende direkteur van Lew Geffen Sotheby's International Realty in SuidAfrika. Volgens haar kry jy dwarsdeur die jaar kopers wat bereid is om goeie verkooppryse te betaal vir eiendomme wat goed instand gehou is. Dit is nie net in die somermaande nie. Ai Die meeste verkopers sal ook die feit dat mense in die koue weer na hul huis kom kyk, waardeer. Huissoek in die winter: Dis die voordele Dawn Bloch, 'n gebiedspesialis vir Lew Geffen Sotheby's International Realty in die buurte Lakeside, Kirstenhof en Zwaanswyk, se verkopers glo dikwels dat voornemende kopers eerder die lente of somer verkies om huise te soek. Gevolglik wag hulle dan dikwels eers vir hierdie seisoene om aan te breek voordat hulle hul huise in die mark sit. Dit beteken dan dat daar gedurende die wintermaande minder huise vir voornemende kopers is om na te kyk. "Jy [die koper] kan moontlik ook 'n veel beter ooreenkoms sluit, want huiseienaars wat in die winter hul huise wil verkoop, is meer bereid om te onderhandel. "Die meeste verkopers sal ook die feit dat mense in die koue weer uitkom om na hul huis te kom kyk waardeer, want dit dui moontlik op ernstige kopers. En hulle aanbod sal oorweeg word," se sy. Daar is dalk ook minder voor nemende kopers in die wintermaande, wat dalk minder mededinging beteken vir kopers wat wel huis soek. Bloch meen daar is ook heelparty ander voordele om in die wintermaande huis te soek, soos om 'n skouhuis te besoek wanneer dit swaar men. Die koper sal dan eerstehands kan sien of die dak lek, en of die loodgie ters en elektriese werk, sowel as die isolasie reg gedoen is. Volgens Bloch is dit ook goedkoper om in die winter te trek. Dit is gewoonlik 'n stil tyd en baie vervoermaatskappye bied afslag of spesiale aanbiedings. Berei s6 jou huis vir die wintermark voor, se Sandy Geffen: Maak seker die geute hang nie en is parallel met die dak. Verwyder ook alle blare en takke wat blokkasies kan veroorsaak sodat dit ordentlik dreineer. Ondersoek die plafon vir klam kolle wat daklekkasies kan beteken en gee aandag daaraan. Muf aan die mure is ook gewoonlik 'n teken. Houtvensterrame moet gereeld vernis word, want vrot en gesplete hout kan die gevolg van lekkasies wees. Houtvloere wat los voorkom en kraak kan ook 'n teken van 'n swak struktuur wees. As jy 'n kaggel het, maak dit vol hout en dennebolle. 'n Gaskaggel is ook 'n goeie belegging. 'n Vars laag verf en nuwe matte of vloere laat 'n huis sommer weer nuut lyk. Onthou net om jou verkoopprys aan te pas om hierdie koste te dek. Dit is belangrik om jou huis vir die ope dae gereed te hou. Vra by jou eiendomsagent raad oor hoe om vir hierdie dae voor te berei. Minder beteken dikwels meer — onthou dit! Die klein goedjies kan werklik 'n verskil maak. Maak byvoorbeeld seker dat die hout gepoleer is en dat die huis lekker ruik en netjies is. Tuine in die WesKaap lyk ook op hul beste in die winter en verkopers moet dit in ag neem eerder as om hul huise in die somer in die mark te sit. As jy wil verf Hoe gemaak met verwery in die winter? Geoffrey Jack, besturende direkteur van die verfmaatskappy Indawo, se dit is moontlik om gedurende die reenseisoen jou huis binne en selfs buite te verf. hoef nie vir die droer seisoene te wag om jou huis buite te verf nie. As jy egter lekkasies sien, moet jy eerder 'n professionele persoon raadpleeg wat dit weer waterdig kan maak," se hy. Volgens Jack moet jy uit die aard van die saak nie verf terwyl dit reen nie. Probeer ook om nie die eerste laag verf aan te wend 'n uur of twee voor dit gaan begin reen nie. Daar moet ook lang wagposes tussen reen wees, sodat die verf ordentlik aangewend kan word. Jack se dat verfkontrakteurs ook dalk afslag in die wintermaande kan gee. Al gaan dit dus in sommige gevalle !anger neem vir die verwery om gedoen te word, sal dit nie noodwendig meer kos nie, se hy.

Author: Lew Geffen Sotheby's International Realty

Submitted 21 Aug 17 / Views 3130