SHOWING ARTICLE 524 OF 676

Midrand: Gauteng se mekka

Category Property News

Terwyl residensiele eiendomsgroei in baie areas van Gauteng feitlik tot stilstand gekom het, bied die strategiese ligging van Midrand 'n uitmuntende uitsondering: Hier is groei nie eens deur die strafste ekonomiese beperkinge tot stilstand gebring nie en Midrand het 'n sleutelgroeipunt geword. Grahame Diedericks, besturende prinsipaal van Lew Geffen Sotheby's International Realty in die gebied, glo die opwaartse neigings sal in 2017 voortduur. "Midrand het die huidige ekonomiese afswaaifase merkwaardig goed getrotseer. "Die mark het nie net aktief gebly nie, Lew Geffen Sotheby's International Realty het verskeie rekordverkoopmaande in 2016 gehad. "Die rekordverkope is grootliks behaal in die midvlak en luukse voorstede, soos Noordwyk, Halfways Gardens, Vorna Valley, Kyalami en Waterfall. "Die middelmarksegment bly ongetwyfeld die grootste dryfveer. Daar is 'n volgehoue stroom van huise in die mark, en as die prys reg is, sal beleggers se vraag hoog bly." Die mark se veerkragtigheid word gerugsteun deur die volgehoue kommersiele groei in die area, wat momentum verleen aan die toename in jong, professionele eerstekeerkopers, asook beleggerskopers wat besef dat hul rand hier verder sal rek as in die meer gevestigde noordeli ke voorstede van Johannesburg. Diedericks se: "Bykans 50% van kopers in die afgelope jaar het in die ouderdomsgroep onder 35 geval. Danksy die instroming van beleggers wat soek na koopomteverhuureiendomme in die Midrandarea, ervaar ons bestendige groei met verhuringsvlakke wat na verwagting in 2017 volgehou sal word. "In die luukse mark, veral in die gesogste leefstyllandgoedere soos Waterfall Estate en Kyalami, is die koopomtebesitverhouding egter baie hoer as in die toetree en middelmarksegmente." Nog 'n trekpleister is die wye verskeidenheid eiendomme wat Midrand bied van wooneenhede teen 'n baie toeganklike R650 000 tot die mees byderwetse wonings in luukse veiligheidslandgoedere soos Steyn City, Parkland Residence en Waterfall, wat teen R20 miljoen en meer verkoop. "Hoewel meer as die helfte van die eiendomslandskap steeds uit losstaande eiendomme bestaan, toon Lightstonedata 'n toename van sowat 550% in die deeltiteleiendomme wat sedert 2000 in Midrand ontwikkel is. "Daar was en is ook 'n merkbare toename in leefstyllandgoedere. Die gesogste is die wat die beste veiligheid en geriewe, asook maklike toegang tot skole bied." Lew Geffen, voorsitter van Lew Geffen Sotheby's International Realty, se die Gautrein het ook bygedra tot die kommersiele en residensiele groei van Midrand. "Midrand is perfek geposisioneer in die hart van Gauteng," se hy. "'n Verskeidenheid topgehaltekantoorparke word tans ontwikkel in voorstede soos Vorna Valley, Waterfall en Kyalami 'n bevestiging van die groeiende vraag na kommersiele en kantoorruimte in die area. "Danksy die opgradering van geriefsentrums soos Kyalami on Main en Crowthorne Shopping Centre, die ontwikkeling van Kyalami Corner en die steeds groeiende Mall of Africa en omringende Waterfallsentrums, is Midrand besig om een van Johannesburg se mees gesogte inkopie en leefstylgebiede te word," is sy slotsom. 

Author: Lew Geffen Sotheby's International Realty

Submitted 20 Feb 17 / Views 2733