SHOWING ARTICLE 103 OF 684

Trek: Vermy tandekners so

Category Property News

Die Covid19 pandemie het ons lewens op soveel maniere beinvloed, en vir baie sluit dit verhuising in. Dit kan op sy beurt weer vir bykomende spanning sorg tydens 'n reeds stresvolle tyd, meen eiendomskenners. Of jou verhuising weens geldelike druk is of net die begeerte om na 'n eiendom te trek wat meer geskik vir ons nuwe, geisoleerde leefstyle is die tydrowende en uitgestrekte proses van verhuising word meer stresvol wanneer jy dit met kinders en troeteldiere moet doen. "Om vooraf 'n bietjie strategiese beplanning te doen kan baie help om die proses te vereenvoudig, die uitwerking daarvan op jou hele gesin te verminder, die risiko van onvoorsiene struikelblokke te verminder en die oorgang makliker te maak. Dit gee jou ook kans om jouself in die nuwe huis tuis te maak," verduidelik Natalie Cooper, gebiedspesialis van Lew Geffen Sotheby's International Realty in Kommetjie, luidens 'n verklaring. Om na 'n nuwe eiendom te verhuis, is 'n groot ontwrigting vir die hele gesin. Dit kan egter veral stresvol wees vir jong mense wat waarskynlik ontsteld is omdat hulle alles wat bekend is agterlaat en senuweeagtig is oor die moontlikheid om van skool te verander en nuwe vriende te moet maak. Volgens Cooper moet jy nie op die laaste minuut aankondig dat julle gaan verhuis nie. Jou kinders het tyd nodig om die nuus te verwerk en aan die gedagte gewoond te raak. "Nadat die besluit geneem is, is dit 'n goeie idee om 'n gesinsvergadering te hou om die komende veranderinge in hul le wens te verduidelik. Dit bied ouers die geleentheid om enige vrae of bekommernisse lank voor die tyd te hanteer in 'n omgewing waar die kinders veilig en ondersteun voel," se sy. "Dit is belangrik om te verduidelik dat die sleutelaspekte van hul lewe dieselfde sal bly en dat al die bekende inhoud van hul huidige huis, veral wat in hul slaapkamers is, gaan saamtrek," voer sy aan. "Baie kenners beveel aan dat kleuters en voorskoolse kinders ongeveer 'n maand voor die amptelike verhuising gaan plaasvind daarvan vertel moet word. S6 gee dit hulle tyd om aan te pas, maar nie s6 lank dat hulle hulself daaroor begin bekommer nie."

Hiermee enkele van Cooper se wenke om 'n trek met kinders seepglad te laat verloop:

1. Hou by normale roetines Daar sal baie onderbrekings vir jou en die gesin wees in aanloop tot die dag waarop julle verhuis. Probeer om soveel as moontlik van jou ou roetines te handhaaf soos slaap en etenstye asook aktiwiteite.

2. Besoek nuwe woongebied. Indien moontlik kan jy die gesin op 'n uitstappie na die nuwe huis en woongebied neem. Wys jou kinders waar hulle nou gaan woon, en fokus op die positiewe nuwe elemente van die huis. Dit sal ook help dat hulle meer opgewonde oor die trek voel.

3. Betrek kinders by proses. Maak hulle verantwoordelik vir die ontruiming van hul kamers, en laat hulle toe om te besluit waar al hul goed in die nuwe kamer gaan kom. Dit is ook 'n geleentheid om skoon te maak. Gee vir hulle 'n boks waarin klere en speelgoed kan kom wat hulle nie meer gebruik nie, waarna hulle dit aan minderbevoorregte kinders kan skenk. Moedig hulle aan om ook die bokse te verpersoonlik.

4. Pretaktiwiteit by huis As die trek afgehandel is, gaan doen iets lekkers saam in jul nuwe woonomgewing. Besoek 'n restaurant in die omgewing, of gaan speel of hou 'n piekniek in die naaste parkie. Raad as diere saamtrek Dit kan vir troeteldiere traumaties wees wanneer julle verhuis. Hulle verstaan nie waarom alles ewe skielik verander nie. "As jy nie daaraan aandag gee om hul angs te verminder nie, kan hulle baie angstig word en weghardloop of na die ou huis gaan soek," se Cooper en voeg by dat die spanning kan lei tot gedragsprobleme en gesondheidskwessies. Veral katte, wat baie gewoontevas is, word baie gespanne wanneer die huis ontruim en hul eet en speeltye versteur word. Wanneer ons meubels inpak, skuif en in 'n nuwe omgewing plaas, verander hul hele wereld en word hul sintuie gebombardeer met nuwe stimuli wat oorweldigend kan wees. Cooper beveel aan dat die eerste prys sou wees om die troeteldiere op die dag van die verhuising by 'n familielid of vriend te hou.

Indien dit nie moontlik is nie, volg die wenke:

1. Plaatjie aan die halsband Op die trekdag word deure en hekke maklik oopgelos omdat almal rondhardloop. Maak daarom seker jou troeteldiere dra 'n halsband met 'n plaatjie waarop jou kontakbesonderhede verskyn, vir ingeval een van hulle uit die huis uitglip en wegraak.

2. Gesels met jou veearts. Diere kan, soos mense, ook siek raak wanneer hulle reis. Praat dus met jou veearts oor medikasie of enigiets anders wat hulle kan voorskryf wat die trek kan vergemaklik veral as die nuwe huis 'n ent se ry is.

3. Perk diere op trekdag in. Voordat die verhuisingsproses begin, moet jy seker maak dat die troeteldiere in een kamer is met bekende goed soos hul speelgoed, komberse en genoeg water. Moenie hulle te veel kos gee voordat jy met hulle reis nie, want hulle kan siek word. As 'n familielid na die nuwe huis gaan om toesig te hou oor die uitpak, neem die troeteldiere saam en sit hulle in 'n kamer soos 'n badkamer of wasgoedkamer.

4. Maak so jou kat tuis. Katte moet ten minste 'n paar dae in een kamer gehou word voordat hulle toegang tot die res van die huis kry. Hou jou kat vir minstens twee weke binne die huis Ina die trek en moenie hom haar buitentoe laat gaan nie. Hou 'n ogie oor hulle wanneer jy hulle vir die eerste keer uitlaat, want katte hardloop maklik weg.

5. Maak so jou hond tuis. Honde is minder gebiedsvas as katte, maar moet ook stadig aan 'n nuwe huis bekend gestel word. Wys jou honde waar hul beddens in die nuwe huis is en waar hulle kos en water kan kry. Verken saam met hulle die tuin, en neem hulle gereeld op staptogte om die nuwe woonbuurt te leer ken.

Author: Lew Geffen Sotheby's International Realty

Submitted 30 Mar 21 / Views 678